'n Proefskrif, verhandeling, tesis of dissertasie is 'n dokument wat ter ondersteuning van 'n akademiese graad of professionele kwalifikasie geskryf word. Dit bied die skrywer se navorsing en bevindings aan.[1] Die woord "tesis" kom van die Griekse θέσις, wat "posisie" beteken en na 'n intellektuele formulering (proposisie) verwys.